Die wind kan lekker waai in Philippi en is’ n groot faktor wat in ag geneem moet word. Dit kan vinnig groot skade aanrig, soos’ n paar jaar gelede toe die sonneblomme deur die wind doodgeskroei is.
Swamdoders word gebruik om die swamme, veral in die winter, te beheer. Spuitmiddels moet egter afgewissel word, anders bou die insekte en swamme weerstand daarteen op.
Die Engelkes se uitgangspunt oor eenvoud is juis waarin hul winste lê.“ Dit is maklik om dubbel soveel blomme te kweek, maar daar moet’ n goeie balans wees tussen die regte hoeveelheid teen die regte prys.’ n Mens kan nie aan die lewe bly as jy nie’ n wins maak nie.”
Dit is ook belangrik om te weet wat nie vir hulle werk nie. Rose is een van die blomme wat nie gekweek word nie. Daar