6. Blomme word met houtpale en draad opgelei om te voorkom dat dit omval.
benodig.’ n Goue reël is om nie skuld te laat oploop nie. As die kliënt se boek skoon bly, bly hy’ n goeie kliënt en’ n vriend.”
Engelkes glo aan eenvoud
“ Ons motto is: keep life simple. Ons is’ n groot besigheid, maar ons het nie onnodige fieterjasies nie. Ons het ook nie spesiale poste wat spesiale take verrig nie – almal val in waar hulle op daardie stadium benodig word. Dit beperk onnodige uitgawes.”
Günther sê gemiddeld, en afhangend van die seisoen, pluk hulle sowat 1 000 bosse blomme per dag. Op die plaas is daar sowat 45 permanente werkers, terwyl daar tot agt werkers in die winkel werksaam is. Drie hanteer die klante en verkope, terwyl die ander die bosse opmaak, verpak en skoonmaak.
Uitdagings in die blombedryf is beslis swamme en insekte.