Günther sê hulle grootste voordeel in die besigheid is dat hulle nie blomme hoef te vervoer na kopers toe nie. Hulle pluk en verkoop die blomme direk vanaf die plaas en winkel. Hulle kliënte is die blommeverkopers in die Kaap, bloemiste, privaat kopers en groothandelkliënte soos Oak Valley Estate, Bunches for Africa en Flowers for Africa. Hulle koop spesifieke variëteite by hulle.
“ Ons het geen kontrakte wat bepaal dat ons’ n sekere hoeveelheid blomme op’ n sekere tyd moet lewer nie, maar ons probeer almal help sover ons kan. Hierdie werkswyse skakel ongelooflik baie probleme uit. Ons is ook nie totaal afhanklik van groter blomkwekers nie, want ons kweek en verkoop die meeste van ons blomme in ons eie winkel en koop aan wat ons
5. Nadat die blomme gepluk is, word die stingels ewe lank gesny en in bondels gepak. Daarna word dit na hulle blommewinkel in Wetton geneem.