MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 37

LANDBOU
LANDBOU

Tonnels verg baie meer aandag en tyd. Ons kan egter meer oeste per jaar afhaal. Tonnels bied groot voordele in die produksie van blomme, maar bring ook hul eie uitdagings mee, soos siektes, swamme en insekte wat maklik kan opduik.

“ Hoe gunstiger die klimaat in die tonnels, hoe groter is die risiko’ s. Ons hanteer dit maar soos dit kom,” sê Günther.

Engelke Blomme spog met meer as 40 variëteite wat deur die jaar verbou word. Dit sluit in angeliere, krisante, lisianthus, leeubekkies, madeliefies, freesias, sonneblomme, alstroemeria, gipsofila, gladiole, kantblomme, delfinium, ruskus, anjers en koolblomme.

Die saad en plantjies word deur die jaar gesaai en geplant, terwyl die bolle meestal gedurende die herfs geplant word.

4. By die blommewinkel kan enigiemand blomme aankoop. Die meeste is reeds in bossies gebind. Klante kan ook blomruikers laat opmaak of in grootmaat koop.

4.

MARKtoe! Oktober 2025 37