MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 35

LANDBOU
LANDBOU

“ My ouma was’ n geesdriftige tuinier wat elke dag in haar tuin gewerk het. Die blommeverkopers wat verbygestap het, wou altyd die blomme in haar tuin koop. En só het Engelke Blomme ontstaan— dit was in 1933. My ouma het eers begin om net meer blomme in haar tuin te plant, en later sommer in die bure s’ n ook,” vertel hy laggend. Grond is toe later aangekoop om blomme op groter skaal te verbou.

Günther vertel sy pa en sy pa se broer het die blommebesigheid saam bestuur totdat die broer oorlede is. Sy ouers, Irma en Otto, het daarna voortgegaan met die besigheid. Vandag staan Günther en sy jonger broer, Volkmar, aan die hoof van sake. Die plaas waar die blomme in tonnels verbou

2. Renonkels in’ n verskeidenheid kleure.

2.

MARKtoe! Oktober 2025 35