MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 34

LANDBOU
LANDBOU

1.

ENGELKE BLOMME | GÜNTHER EN VOLKMAR ENGELKE

Die blommeverkopers in die Kaap was waarskynlik die aanleiding tot die ontstaan van’ n blommebesigheid en-boerdery in Philippi, wat nou al bykans 100 jaar bestaan. Engelke Blomme is al dekades lank’ n bekende naam onder bloemiste en groothandelaankopers.

Günther Engelke, mede-eienaar van Engelke Blomme, vertel dat sy ouma en oupa, Edith en Eddie, op die hoofroete gewoon het waar die blommeverkopers verbygestap het na die bushalte om’ n bus Kaap toe te kry. Daar was destyds maar’ n handjievol huise in die hoofstraat.

1. Günther en Volkmar Engelke is die derde geslag eienaars van Engelke Blomme.

34 MARKtoe! Oktober 2025