wat gedoen moet word. Dit werk nou baie beter. Daar is sewe trekkers wat chemikalieë toedien en nog sowat drie wat rip, ploeg en grond bewerk.”
Plantbeskerming is onbekostigbaar duur
Swamme en siektes bly’ n voortdurende uitdaging, en daar moet voorkomend gespuit word. Leon sê plantbeskermingsmiddels is’ n groot uitgawe—’ n liter kos sowat R3 000, en vir elke toediening moet sowat 150 ml van drie of meer verskillende produkte gebruik word.
9. Vroue werk in die lande waar blaargroente daagliks gesny en in die plaaswinkel verkoop word. Hier sny Nosakuthini Panginxiwa swart krulkool.