MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 27

LANDBOU
LANDBOU

8.

8. Sowat 50 vroue werk in twee spanne, en daar word sewe dae per week in die lande gewerk.

werkers— almal vroue. Daar is ook’ n vrou wat die tarentale verjaag in die rye waar die jong plantjies geplant is, want hulle skrop dit uit die grond uit. Sy maak ook tussen die rye skoon waar die trekker gery het en sorg dat dit vry is van onkruid.

Die blare en koppe word uit die land uit met trekkers na die stoor gery, waar dit dan skoongespuit word. Sommige produkte word gelaai vir die groothandel, en ander word in groot kratte in die winkel gepak, waar verbygangers hul produkte kan koop.

Die Rix’ e maak hul eie kompos van die afvalkos wat op die plaas weggegooi word, waar sy oudste dogter, Lerita, met skape spekuleer. Daar word ook met varke geboer.“ Varkvleis het baie gewild geword. Daar is’ n reuseverskil in die hoeveelheid vleis wat’ n klant kry as hy R3 000 betaal vir’ n skaap teenoor wat hy vir’ n vark kry.”

Die groot vloot trekkers op die plaas het elk sy eie werk wat verrig moet word.“ Ons het besluit dit is makliker om elke trekker sy eie implement toe te wys, eerder as om elke nou en dan die implemente tussen trekkers te ruil vir die werk

MARKtoe! Oktober 2025 27