10. Michelle Cloete spuit die blaargroente in die stoor met water af om dit skoon te maak en langer vars te hou.
Een middel is gemik op wurms,’ n ander teen motte, nog een teen luise, en dan is daar ook middels vir algemene plaagbeheer. Daarbenewens moet’ n waterdemper en swamdoders ook gespuit word. Die waterdemper help om die pH van die water te reguleer, veral wanneer die watertafel sak en die pH tot sowat 8 styg. Die water moet gebalanseer word, anders kan die plante nie voedingstowwe opneem nie.
Nadat die waterdemper bygevoeg is, bly die pH slegs vir sowat’ n uur en’ n half optimaal. Daarom moet die plante onmiddellik gespuit word nadat die mengsel voorberei is. Beplanning is dus uiters belangrik, want daar is net’ n klein venster vir sukses. Al die middels wat gebruik word, is veilig