MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 25

LANDBOU
LANDBOU

6.

6. Jong raapblaargroente wat geplant is om wisselbou toe te pas waar kool of brokkoli voorheen verbou is.

skaars voorbly om duisende van hierdie bossies per dag aan groot- en kleinhandelklante te verkoop.

Dit is’ n besonder groot mark as’ n mens in ag neem hoeveel informele nedersettings in die onmiddellike omgewing van Philippi is. Die groothandelverkope vind plaas aan die agterkant van’ n groot stoor, terwyl die kleinhandelverkope gedoen word aan die voorkant vanuit hul plaaswinkel, African Leaf Farm Stall, wat gerieflik langs die pad geleë is wat voor die plaas verbyloop. Hier kan verbygangers en informele handelaars dié gewilde produkte koop.

Hulle verkoop tans’ n bossie groen blaarprodukte en kool vir R5 elk, maar indien dit skaars raak, styg die prys na tussen R8 en R10, sê Leon.

Die blaarplante word in’ n rotasiestelsel geplant. Die plante word deur die week natgemaak en die blare word geoes. Koolen brokkolikoppe word afgesny, waarna die grond met’ n draaiskoffel( rotavator) bewerk word. Kraalmis word dan op die

MARKtoe! Oktober 2025 25