MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 24

LANDBOU
LANDBOU

hier, want diefstal en sabotasie kom algemeen voor en bedreig boere se vermoë om volhoubaar te produseer.

“ Ja, misdaad is’ n probleem in ons gebied, maar aan die ander kant word ons ook nie te erg daardeur geraak nie. Mense wat groente steel, kan ook net soveel in’ n streepsak kry— dan is hulle weer vort. Die bietjie wat gesteel word, is maar’ n druppel in die emmer van wat ons produseer en bemark,” vertel Leon.

Hoewel hy en Adriaan vir jare groente soos aartappels, wortels, kool en slaai geproduseer het, is dit eers die afgelope vier jaar dat hulle’ n heel nuwe rigting met hul aanplantings ingeslaan het.

African Leaf Farm Stall

Die Rix’ e plant nou uitsluitlik groen blaarprodukte. Dit sluit in spinasie, sprietuie, krulkool, raap, Afrika-krulkool, mosterd, brokkoli en kool. Hul grootste mark is die plaaslike gemeenskap wat graag hierdie groen blare in hul pap gooi. Hulle kan

5. Afloopwater uit die land sowel as boorgatwater word hier opgedam, waaruit besproeiing vir die groente verkry word.

5.

24 MARKtoe! Oktober 2025