13. Groot Constantia se wyn, wat reeds uit die laat 1600’ s dateer, het oor die eeue heen al gesogte toekennings ingepalm.
Erfenis en bestuur vandag
Meer as’ n eeu later is die plaas oorgedra aan die Groot Constantia Trust NPC RF, met die hoofdoel om die kulturele erfenis van die plaas te bewaar. Vandag nog word die plaas deur die nie-winsbejag-maatskappy en sy veertien direkteure bestuur. Die plaas behoort dus aan geen individu nie, maar aan’ n nie-winsbejagte organisasie.
Die plaas is sowat 160 ha groot, waarvan net minder as 100 ha onder wingerd is. Premium-kultivars soos Cabernet Sauvignon, Cabernet Franc, Merlot, Shiraz, Pinotage, Muscat de Frontignan, Sauvignon Blanc, Chardonnay, Sémillon, en’ n klein bietjie Grenache en Viognier word verbou.
’ n Groot persentasie van die plaas se wyn word op die perseel aan toeriste verkoop, terwyl die res uitgevoer word na onder meer Spanje, Duitsland en Singapoer.