MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 20

LANDBOU
LANDBOU

1.

RIX BOERDERY | LEON EN ADRIAAN RIX

Philippi, wat aan die suidoostelike kant van Kaapstad geleë is en deel vorm van die Kaapse Vlakte, is al vir eeue bekend vir families wat vir geslagte lank in die omgewing boer. Die area is ook bekend vir die groente wat hier verbou word en wat na raming tot 50 % van Kaapstad se vars groente voorsien. Een só familie is die Rix’ e, wat al dekades lank bekende boere in Philippi is.

1. Leon Rix saam met Bokka

20 MARKtoe! Oktober 2025