MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 18

LANDBOU
LANDBOU

Bergh is met Anna de Koningh getroud, en hulle het elf kinders gehad. Ná sy dood in 1724 het De Koningh die eerste vroulike eienaar van Groot Constantia geword. Sy was die dogter van’ n slaaf.

Die plaas het daarna verskeie kere van eienaar verwissel, maar in 1778 het die Cloete-familie dit gekoop, wat dit vir vyf geslagte lank besit het. Die Cloetes het oor die jare baie veranderinge aan die toe verwaarloosde plaas aangebring.

Napoleon was’ n groot liefhebber van Groot Constantia se wyne, en dit is spesiaal vir hom voorsien op St. Helena, waar hy tot sy dood in 1821 aangehou is.

Reeds so vroeg as 1855 het Groot Constantia vyf silwermedaljes vir sy wyn in Parys gewen. Oor die eeue heen het hierdie bekende plaas steeds gesogte wyntoekennings ingepalm.

In 1885 het die Kaapse Goewerment die plaas van die Cloete-nageslag gekoop en dit gebruik as’ n navorsingswynplaas. Wingerd-siektes het egter vir jare reeds die plaas se wingerde bedreig.