MARKtoe! Oktober 2025 Uitgawe 131 | Page 16

LANDBOU
LANDBOU

dit nat is. Daar waar die witluis gesuig het, rol die blaar op en kan dit nie verder behoorlik fotosinteer nie. Op die ou end sukkel’ n mens met kleur en optimale rypheid.”

Floricius sê hulle het toe besluit om dit biologies te bestry en liewenheersbesies( ladybirds) aan te koop.“ Hulle is karnivore wat die witluise eet, maar dit kos amper R2 per liewenheersbesie.”

“ Ons het toe’ n ander uitweg gekry—’ n klein vliegie maak’ n gaatjie op die witluis en lê dan sy eiers binne-in. Soos die eiertjies uitbroei, begin dit die witluis van binne af opvreet. Miere is egter’ n probleem, want hulle klim op die witluis en stimuleer dit. In ruil vir die stimulasie skei die witluis heuningdou af, waarna die miere op soek is. Die witluis en die mier is dus in’ n soort vennootskap, want wanneer die vliegie sy eiers in die witluis wil lê, val die mier dit aan.”

10 8.

10. Eeuoue keramiekartefakte wat dateer uit Simon van der Stel se dae, word in die museum op die plaas uitgestal.

16 MARKtoe! Oktober 2025