8. Hier kan Groot Constantia se wêreldbekende en bekroonde wyne geproe word.
Dekgewasse, insekte, swamme en natuurlike beheer
Floricius sê sy dekgewasse is ná jare se proewe nou uitgesorteer.“ Dit lyk vir sommige mense dalk soos onkruid tussen die rye, maar ek het dit self geplant en weet dit is nie.”
Aangesien die boerdery baie natuurlik bestuur word, gebruik Floricius geen teerpale om die wingerde op te lei nie, want dit beïnvloed volgens hom die smaak van die druiwe. Hulle gebruik slegs groen pale.
Drie jaar gelede het hulle ook besluit om geen grondbewerking meer te doen nie—’ n massiewe denkskuif. Elke vier jaar word wortelsny gedoen, wanneer’ n wikkelploeg gebruik word om die wortels onder die grond te sny en sodoende gesond te hou.
Soos in elke boerdery, sê hy, is daar daagliks uitdagings om