7. Die winter is verby en die wingerdblare begin bot.
“ Toe kom ek op fababone af. Dit het baie goed gewerk, maar was’ n probleem om geplant te kry, want die plantstrooier het dit maklik gebreek.
“ Toe kry ek radyssaad. Die wortel kan tot’ n halfmeter diep groei, en die radys self word tussen 10 en 15 cm lank. Dit het’ n wonderlike stand. Wanneer dit begin doodgaan en vrot, is die grond reeds goed deurlug, met baie biomassa tussenin. Dit vorm’ n kombers wat die wingerd se wortels beskerm, maar ek het met een ding nie rekening gehou nie...“ My bure— die bobbejane— is mal oor radyse!” Hy lag lekker.“ Ons het elektriese drade en beheer sowat 85 % van die bobbejane, maar hulle is vrek slim. Ek het begin rondbel vir hulp en toe op bitterradyse afgekom. Nou vat hulle een byt en raak nie weer daaraan nie.”