Jare gelede het hulle korog(’ n mengsel van koring en rog) as dekgewas geplant. Die dekgewasse word tussen die rye gesaai, verkieslik in elke tweede ry. Die korog is’ n baie goeie produk en deurlug die grond goed, maar hulle het meer materiaal gesoek— iets wat meer vir die grond kon bied.
Professionele kundiges is ingeroep, en daar is besluit om verskillende dekgewasse te plant. Sommige van die gewasse se stand was egter nie goed nie.
Floricius het toe serradella( voëlpoot) aangeplant, wat die grond goed vasgemaak het.’ n Dik mat het gehelp met die behoud van vog, maar voldoende water is nodig vir’ n goeie stand, want dit hou eers laat in die somer op groei.
Hy het later verder begin eksperimenteer en kanola geplant, maar die stingels was hard en rof vir die vroue wat tussen die rye moes werk. Gesnoeide lote is by die dekgewasse gegooi, en’ n kapper is gebruik wat dit korter en fyner slaan. Dit het egter’ n teelaarde vir witluis geskep.
6. Floricius wys na die radyswortel –’ n plant met’ n wortel wat tot’ n halfmeter diep groei en tussen 10 en 15 cm lank word. Wanneer dit vrot, verryk dit die grond met biomassa en verbeter die deurlugting.