5. Pragtig aan die voet van die oostelike kant van die Tafelberg-reeks lê die oudste wynproduserende plaas in Suid-Afrika – Groot Constantia.
’ n magdom navorsing en proewe op die plaas gedoen om so na as moontlik aan die perfekte produksiestelsel te kom.
Die grond in die area is sanderige leemgrond— baie lig, vrugbaar en goed dreinerend. Dié granietafgeleide grond is ook ryk aan minerale en dus ideaal vir wingerdverbouing.
Die bogrond is tussen 250 en 300 mm diep en bevat gesonde elemente wat’ n mens graag wil behou. Kleigrond, groot klippe en geharde grond volg in die laer lae. Die streek se hoë reënval is dus’ n groot uitdaging in die beskerming van die bogrond, want belangrike minerale en ander elemente kan maklik weggespoel word.
“ Ons probeer die water na een plek kanaliseer, en daarom het ons oral op die plaas dwarswalletjies gemaak vir die water om na’ n dam te loop.”
In die wingerde self moet die water behoue bly, en daarom word dekgewasse geplant wat help om die grond langer vogtig te hou.