MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 5

LANDBOU

Suid-Afrika mag wêreldwyd maar net die tiende grootste sitrusprodusent wees , maar dis die tweede grootste uitvoerder naas Spanje , en SA is numero uno in die Suidelike Halfrond . En Kirkwood se sitrusboere maak ʼn reusagtige bydrae tot hierdie merkwaardige prestasie .

Terloops , die genus Citrus is inheems in Suid-Asië , Oos-Asië ,

Suidoos-Asië , Melanesië en Australië . Van daar af versprei die verbouing na Mikronesië en Polinesië ( ongeveer 3 000-1 500 jaar gelede ) en 300 jaar daarna na die Midde-Ooste en die streke om die Middellandse See en van daar na Europa en Noord- en Suid- Amerika via die roetes bekend vir die handel in wierook , speserye en ander luukshede .

Kirkwood se omte word beskou as die beste omgewing ter wêreld om suurlemoene te verbou .
5 MARKtoe ! Oktober 2023