LANDBOU
Kirkwood se produsente bring voorspoed na die Sondagsriviervallei
Deur : Hein Eksteen | Foto ’ s : Michel Dei-Cont
Alhoewel sitrus se oorsprong ongeveer sewe miljoen jaar gelede in die hoofgenera Citrus en Poncirus – stamvaders van alle moderne sitrus – ontaard , land die eerste sitrusbome vanaf St Helena reeds in 1654 aan die Kaap . Dié word toe in die Kompanjiestuin aangeplant . Oorle Jan , ons nasionale sondebok , het beslis nie op sy louere gerus nie – moontlik om by voorbaat iets soet te verbou om op te maak vir die bitterheid waarin sy nalatenskap deesdae ontaard .
Slaan egter die volgende ongeveer 350 jaar oor en jy leer dat 51 000 kissies in 1919 uitgevoer word , drie jaar later
247 000 en in 1925 breek uitvoere deur die een-miljoengrens .
Kirkwood se omte word beskou as die beste omgewing ter wêreld om suurlemoene te verbou .
4 MARKtoe ! Oktober 2023