MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 49

WINKEL

groot fokus . Kartonne , dekpapier en ander materiaal wat gebruik word in die verpakking van die wye reeks sitrusvrugte wat in die vallei verbou word , word deur hulle bemark .

“ Die pakmateriaal is belangrik vir ons winkel en streek en ons sorg dat ons in kritiese tye genoeg voorraad het om aan ons produsente se behoeftes te voldoen ,” sê Johan .

“ Buiten sitrus , word ‘ n verskeidenheid ander landbouprodukte ook hier geproduseer en ons probeer om na al dié behoeftes om te sien . Die abattoir met sy voerkraal is ook een van ons belangrike klante wat veral diereprodukte soos voer en veemedisyne by ons kry .”

Hy verduidelik dat hulle beperkte voorraad van sommige produkte soos brandstof en boumateriaal aanhou omdat dit direk en in grootmaat by produsente afgelewer word . Om dit te bewerkstelling werk hulle nou saam met kontrakteurs en neem hulle deel aan die beplanning van projekte om te verseker dat die klante hul benodigdhede betyds sal kry . Dit geld ook vir die beskermende nette wat oor die

Bo : Houtdeure en -vensterrame staan gereed om by nuwe boupersele in en om Kirkwood afgelewer te word . Onder : Hout vir die boubedryf en self-doen entoesias word op grootmaat hier aangebied .
49 MARKtoe ! Oktober 2023