MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 47

WINKEL

afdeling met kamptoerusting en ‘ n verskeidenheid hengelgereedskap . Daar is heelwat vakansieoorde en kampplekke om Kirkwood en die winkel bied alles vir kampeerders wat dalk items tuis vergeet het .

Die klereafdeling is ook ingerig volgens klante se behoeftes en die Jonsson-reeks bied uitstekende waarde vir geld .

Stap ‘ n mens deur die winkel , besef jy gou watter groot rol dit in die lewens van Kirkwood se inwoners en die omliggende area se produsente speel . Die verskillende afdelings , soos dié vir huishoudelike produkte , tuin , selfdoen en motorinstandhouding , bied alles wat nodig is .

Eienaars van viervoetfamilies kan met ‘ n geruste hart hier aandoen

en kan seker wees dat hulle sal kry waarvoor hulle soek . Wat veral verblydend is , is om te sien hoeveel gesinne en ma ’ s met kinders die winkel besoek .

“ Ons gee spesiale aandag daaraan om te verseker dat ons in die voortdurende aanvraag na produkte kan voorsien .”

Johan beklemtoon dit dat hulle die enigste winkel op die dorp is wat verf meng . Hulle hou ‘ n verskeidenheid handelsmerke aan en kan enige kleurkombinasie verskaf . Aangesien die winkel in die hartjie van die sitrusbedryf geleë is , is pakmateriaal noodwendig ‘ n

Agrimark Kirkwood is die enigste verfverskaffer op die dorp wat verfkleure meng om aan klante se spesifieke behoeftes te voldoen
47 MARKtoe ! Oktober 2023