WINKEL
sommer op die vurkhyser of laai hulle self ‘ n vragmotor vir dringende aflewerings .
Piet het eweneens wye ervaring in die landboubedryf en is al sedert 1997 in die Sondagsriviervallei . Hy ken die produsente baie goed en verstaan hul behoeftes .
Nick Burkett is die spesialisbemarker van boumateriaal wat sorg dat die stoor altyd genoeg voorraad het . Hy verduidelik hoe die boubedryf in die streek groei en dat Agrimark Kirkwood alle boumateriaal kan verskaf .
“ Ons gee spesiale aandag daaraan om te verseker dat ons in die voortdurende aanvraag na produkte kan voorsien . Ons verskaf boumateriaal aan inwoners van die dorp en die streek . Dit is baie goedkoper om boubenodigdhede by ons te kry as om elke dag na Uitenhage of selfs Gqeberha te ry om dit daar aan te skaf ,” vertel hy .
Agrimark het ʼn sterk teenwoordigheid in die gemeenskap . Daar ’ s ‘ n nuwe Expressmark en vulstasie in Addo en ʼn Agrimark Packaging-tak word ook tans in Addo opgerig om gereed te wees vir volgende jaar se nuwe pakseisoen . Agrimark Liquor open ook binnekort hier .
In Agrimark Kirkwood se winkel is daar ‘ n uitgebreide buitelewe-
Die gange tussen die rakke in die winkel is lekker wyd en versterk die gevoel van ruimte . Afdelings is gerangskik om koopgerief te verseker met aanvullende produkte naby mekaar .
46 MARKtoe ! Oktober 2023