WINKEL
AgrimArk kirkwood
Almal wen deur samewerking
kirkwood , in die vrugbare Sondagsriviervallei en in die middel van die oos-kaapse sitrusbedryf , is nie alleen bekend vir sy produksie van sitrus- en sagtevrugte nie , maar ook vir ‘ n groot verskeidenheid landboubedrywighede en die jaarlikse wildsfees wat hier gehou word .
Deur : Danie Keet | Fotografie : Michel Dei-Cont
Johan Myburgh is die takbestuurder van Agrimark Kirkwood en hy vertel dat die winkel te alle tye gereed is om die gemeenskap met hul produkreeks en dienste te ondersteun .
Johan , ‘ n Vrystater van geboorte , het eers as polisieman gewerk voordat hy die landboubedryf betree het en uitgebreide ervaring in die kleinhandelbedryf opgebou het , onder meer as vulstasie- en winkeleienaar . Hy is nou al 5 jaar bestuurder van Agrimark Kirkwood en hy volg ‘ n bestuurstyl waardeur hy nou betrokke is by die daaglikse werksaamhede van die winkel . En as dit nodig is , klim hy of Piet Bosch , sy regterhand ,
Bo : Johan Myburgh is die takbestuurder van Agrimark Kirkwood . Onder : Die span van Agrimark Kirkwood is , voor van links na regs , Nick Burkett , Piet Bosch en Johan Myburgh . In die tweede ry is Chante Pelser , Allistair Voetpad en Monique Norman . In die derde ry is Nadine Williams en Joanne Jordaan en in die vierde ry Lumari Ball en Jezanne Lottering .
45 MARKtoe ! Oktober 2023