LANDBOU
Bo : Shereen Harmse is in beheer van Food , Beverage & Events en maak seker jou verblyf of konferensie is uit die boonste rakke . Regs bo : Die lodge bestaan uit die Tangelo restaurant , ʼn padstal , die voëlhuis en die Wildlife Centre . Regs onder : Die beskeie Danie en Petro wou aanvanklik nie veel meer as ʼn koffiewinkel oprig nie . Kyk net hoe mooi lyk dit nou .
antwoord . Spesiale geleenthede kan gereël word en spyseniering is beskikbaar .
Shereen Harmse is verantwoordelik vir laasgenoemde .
Shereen : “ Ek is baie betrokke by die Tangelo Restaurant en doen ook die events planning . Soos byvoorbeeld die kongres wat oor drie dae geloop het en uit 120 mense bestaan het . En dit was wonderlik gewees .”
Om ʼn geleentheid van hierdie omvang te reël , verg natuurlik beplanning wat gelykstaande is met dié van Rassie en Jacques daar in Frankryk – net aansienlik suksesvoller .
Diversifisering en noukeurige beplanning – stadig maar seker begin ons alternatiewe waarheid lyf kry .
37 MARKtoe ! Oktober 2023
Terug na die privaat reservaat . Danie : “ Die reservaat bestaan uit 2 500 hektaar en het op hierdie stadium drie leeus , ʼn klompie buffels , elande , kameelperde , njalas , spring- en rooibokke , waterbokke en baie koedoes . Basies ál die diere wat jy nie in die Addo-park sien nie . Daarom hou ons nie olifante aan nie . Ons los dit vir die park .”
Baie slim . Hoekom ʼn privaat reservaat naby die Addo-olifant Nasionale Park vestig indien besoekers alles in die park kan besigtig ?
Volgens Danie begin hulle besige tyd in September en dit strek vir ongeveer agt maande – van die lente deur die somer tot herfs . Met die wintermaande as die stil seisoen . 80 persent van die vele besoekers is