MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 38

LANDBOU

Europeërs .

Om ʼn lodge van hierdie formaat op te rig , smeek om visie . Visie wat kort op die hakke van dié van Koning Lodewyk XIV is toe hy Versailles in die geestesoog gehad het .

“ Nee , ons wou oorspronklik net ʼn koffiewinkel en die sanctuary oprig . Toe kry die idee kleintjies en ons moes vir ʼn vale sitrus oes om die rekeninge te betaal .”

Die lemoene , suurlemoene en easy peelers het duidelik hul kant gebring en die hele projek kom tot rypheid .

Justin Carroll , die reservaatbestuurder , neem ons op ‘ n wildkykrit om te wys hoe Danie se sitrus verder vrugte afgewerp het .

Justin : “ Ek was altyd geïnteresseerd in die natuur , die wild en

bewaring . Ek het dit gestudeer en begin as ‘ n veldwagter en het myself opgewerk na waar ek nou is .” Is hy ook ‘ n professionele jagter ? “ Nee , maar ek is ‘ n gekwalifiseerde gids .” Volgens Justin is dit veeleisend om ‘ n private reservaat te bestuur .

“ Met ‘ n nuwe reservaat , soos hierdie een wat van die grond af begin is , is dit nie ‘ n eenvoudige saak om die plek met diere te bevolk nie .”

‘ n Omgewingsimpak-assessering moet gedoen word . Verder besoek argeoloë en paleontoloë die eiendom om vas te stel of daar fos-siele is wat versteur kan word tydens die bou van die lodge . Bewaringsdeskundiges kom om te sien of daar enige bedreigde plante in dieselfde

00 MARKtoe ! Oktober 2023