MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 36

LANDBOU
Luukse akkommodasie .

die restaurant en padstal met twintig wooneenhede en die sanctuary wat ʼ ’ n verdere aantrekkingskrag op besoekers uitoefen .”

Hierdie sanctuary , oftewel Wildlife Centre , naby die lodge , bied ʼn wye verskeidenheid diere soos krokodille , slange , meerkatte , blouduikers , Afrika-papegaaie , asook ander eksotiese papegaaie en voëlspesies . Dan is daar ook ʼn 1 000 vierkante meter voëlhuis gevul met uitheemse gevleueldes en papegaaie van oor die hele wêreld . Kinders kan die mak hase vertroetel en die hoenders voer . In die padstal is ʼn eweneens wye verskeidenheid hoë

gehalte keramiekware , kussings , ander geskenke , tuisgemaakte vrugtesap , tuisgebak en ander plaaslik vervaardigde produkte te koop .

Dan is daar die Half-Day Safari & Bush River Dinner waar gaste die Addo-olifant Nasionale Park saam met Danie se gidse in van sy veldvoertuie besoek en die dag afrond met ʼn voortreflike en romantiese al fresco aandete op die oewer van die Sondagsrivier . Daar is natuurlik ook wildkyk-ritte in die privaat reservaat . Indien jou gemoed swaar is en die lyf nie meer wil saamspeel nie , is jogaklasse net die

00 MARKtoe ! Oktober 2023