MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 35

LANDBOU

kunsmis wat ons riviere en damme binnevloei .

Vra egter enige wildboer of sy boerdery sonder jag kan voortbestaan en die dawerende antwoord is : Nee !

Maar is hierdie dawerende negatiewe antwoord die hele waarheid ? Of is daar ʼn alternatiewe waarheid ?

Danie en Petro Bouwer , die eienaars van Addo Wildlife , en hul reservaatbestuurder , Justin Carroll , werp lig op die onderwerp .

Hierdie privaat wildreservaat en luukse lodge , ongeveer halfpad tussen Gqeberha en Kirkwood , vlak teen die Addo-olifant Nasionale Park geleë , met sy weelderige akkommodasie , swierige restaurant en vele aktiwiteite , bied die eerste sprankie insig met betrekking tot

bogenoemde strikvraag . Maar soos die immergewilde Maria in The Sound of Music sing : ‘ Let ’ s start at the very beginning .’

Danie begin sy loopbaan as boer en entrepreneur op ʼn besonder nederige wyse .

Danie : “ My pa het ʼn plasie van so 16 hektaar geboer . Toe ek my eerste stuk grond koop , moes ek ʼn banklening aangaan waarvoor Pa borg geteken het .”

Suksesvolle sitrusboerdery het daarop gevolg tot waar Danie en Petro uiteindelik ongeveer sewe jaar gelede die ou Lion and Crocodile Range bekom en ontwikkel tot wat vandag hier staan .

“ Die rede vir hierdie ontwikkeling is nog ʼn manier om te diversifiseer . Dit bestaan tans uit die lodge met

Links bo : Justin Carroll , die reservaatbestuurder , probeer om die leeus op te spoor . Regs bo : Hier is diere wat nie noodwendig in die nabygeleë Addo-olifant Nasionale Park te sien is nie . Regs onder : Kameelperde kom nie natuurlik in hierdie omgewing voor nie en moet laag buk om aan die bossies te wei . Daarom is dit moeilik om hulle te sien .
35 MARKtoe ! Oktober 2023