MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 34

ADDO WILDLIFE
LANDBOU

ADDO WILDLIFE

Hamlet kon net sowel bepeins : ‘ Om te jag , of nié te jag nie .’

Die siele wat hul baadjies se elmboë deurskuur terwyl hulle probeer bepaal wat die lewe beteken – die absurdis glo dit is absurd om betekenis in ʼn betekenislose bestel te soek , die eksistensialis laat weet daarenteen dit is die mens se plig om die lewe betekenis te gee – het ten minste een ding reg : daar is drie kante agter elke storie . My kant , jou kant en die waarheid .

Ek kan argumenteer dat dit oneties is om onskuldige wild dood te skiet , te eet en hul koppe teen mure te monteer . Jy kan daarenteen debatteer dat die onskuldige hoender , skaap , bees en vark dieselfde paadjie loop wanneer hulle ter slagting aangejaag word . Die waarheid : sedert boere gedurende die 1970 ’ s besitreg van wild ontvang het , het die aantal diere landwyd van ‘ n skamele 500 000 eenhede tot ongeveer 20 miljoen toegeneem . Waar hulle vroeër waardeloos was en met betrekking tot weiding meegeding het , het wild tans waarde . Wildboerdery en privaat natuurreservate het vervolgens die land se biodiversiteit op ʼ ’ n onverwagste maniere verryk . Nie net die groot hoeveelhede wildsbokke wat in gebiede soos die Oos-Kaap hervestig is nie , maar ook insek- en plantlewe wat floreer . Minder gifstowwe laat groter diversiteit en ʼn gesonder natuur toe . So ook die vermindering van

Danie en Petro Bouwer kan met reg glimlag oor wat hulle met Addo Wildlife , ʼn privaat natuurreservaat , vermag het .
34 MARKtoe ! Oktober 2023