MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 33

LANDBOU

die sitrusboorde deur te sit . Ons het die persone wat die spuitwerk doen en hulle gaan ook vir opleiding . Die spuiters word ook gereeld na dokters geneem om bloed te trek om sien of hulle van die gifstowwe ingeneem het . Ons kyk dus baie goed na die mense .”

Om toe te sien dat alles glad verloop , vergader die werkerskomitees kwartaalliks . Hulle moet die probleme identifiseer en aan die bestuur oordra sodat dit aandag kan kry .

Frikkie : “ Ek wil net byvoeg dat dit baie maklik is om te sê ons lei die mense op , maar daar is baie uitdagings . Dit help nie die persoon sit in ʼn klaskamer en hy kan nie lees en skryf nie . Daarom leer ons daardie werkers om te lees en skryf . Kyk , dit gaan ʼn generasie of

twee neem om hierdie probleem te oorkom . Ek praat die mense nie af nie , maar ons geskiedenis bewys dat sekere mense was blootgestel aan baie karige onderwys . Omstandighede het gereeld genoodsaak dat ʼn kind tot Standerd Twee vorder waarna hy noodgedwonge moet gaan werk . Ons moet dit nou regmaak .”

Op Ikamva Lethu is daar die geleentheid vir al die werkers om te vorder . Die ongeletterde wat met die graaf spit kan vorder na ʼn waterpersoon , later na trekker- of vragmotorbestuurder , na assistentplaasbestuurder en selfs plaasbestuurder . En uiteindelik die spreekwoordelike vrugte van hul arbeid by wyse van dividende pluk . Dit is in wese waaroor bemagtiging gaan .

Met die aanvang van elke nuwe fase word na die besproeiing omgesien .
33 MARKtoe ! Oktober 2023