LANDBOU
Professionele deskundiges sal ingeroep word om in hul eie tale aan die werkers te verduidelik dat dit tyd neem vir ‘ n plaas wat nuut ontwikkel is om winsgewend te wees en om ‘ n dividend te kan betaal .
“ Ja , dit is ʼn moeilike konsep om te verstaan , maar jy moet iewers begin . As ons tien jaar gelede begin het , het ons nou almal gesmile .”
Opleiding onder die werkers is die volgende tameletjie .
Rudi : “ My hoofdoel met die projek , is vir my mense om sukses-vol te wees . Ek wil hulle oplei om eendag hul eie stuk grond te bestuur .”
Hierdie benadering verg egter die aanbied van kursusse en die finansiering daarvan .
“ Ongelukkig duur hierdie opleiding nie ʼn jaar , of twee , of vyf nie . Op van die ander plase is daar mense wat al tot 17 jaar daarmee besig is . En daarna kan jy sien hoe groei daardie persoon wat volhard het . Die ander goeie ding is dat hierdie opgeleide mense die kennis en bereidwilligheid aan hul families en ander werkers oordra . Daar is dus ʼn geweldige positiewe snowball-effek .”
Hierdie sneeubaleffek het tot gevolg dat Ikamva Lethu reeds in elke departement oor assistentplaasbestuurders beskik .
“ Dan het ons ons waterpersone geïdentifiseer en hulle vir kursusse gestuur . Hulle is verantwoordelik daarvoor om water en kunsmis na
STEP INTO SUMMER IN STYLE .
Shop our Safari Woodlands at AgriMark rk .
00 MARKtoe ! Oktober 2023