opsie nie . Dus kyk ons daarna om nette op te sit , maar die fondse is nie altyd beskikbaar nie . 35 hektaar , waar die wind die ergste skade berokken , is vir ons ʼn prioriteit om met nette toe te maak , maar dit beloop om en by tienmiljoen rand .”
Daardie onkoste moet vergelyk word met die skade wat deur die wind aangerig word . Jong bome se blaarvolume ( in die omgangstaal bekend as die boom se canopy ) is te klein om die vrugte te beskerm en kan ly tot die verlies van tussen 45 en 55 persent . Hoe ouer die boom egter word , hoe minder is die skade aangesien die bome mekaar later begin beskerm .
“ Soos die bome ouer word , is jou uitpakke dus aansienlik beter wat vir ons ʼn groter inkomste bring ,
aangesien daardie vrugte dan uitvoerkwaliteit sal wees .”
Die produksiekomponent se verskeie fases word betyds afgehandel en die bemagtigingskomponent se pilare staan stewiger as dié wat deur Simson verniel is . Is daar egter enige ander Delila wat verleidelik probeer om hierdie Simson se mansbolla te verinneweer ?
Frikkie : “ Die grootste uitdaging met betrekking tot bemagtiging , is om verwagtings te bestuur . Ons begin byvoorbeeld volgende jaar oes en die eerste ding wat die mense gaan dink , is dat daar nou geld is . Maar daar is ook ʼn klomp skuld aangegaan , en dit moet gedelg word . Die plaas moet winsgewend wees voordat dividende uitbetaal kan word .”
Ikamwa Lethu eksperimenteer tans met nette om gebiede waar die ergste skade berokken word , toe te maak .
31 MARKtoe ! Oktober 2023