LANDBOU
ʼn kommersiële basis bestuur met ʼn Raad van Direkteure wat na alles kyk en dus is die hele projek above board .”
Alhoewel die regering tot ʼn mate help , bly Ikamva Lethu ʼn projek wat deur die betrokke produsente gefinansier word .
Sodra dividende verklaar word , word dit aan die verskeie trusts uitbetaal . ʼn Spesifieke trust kan self besluit hoe om die geld te bestee . Die trustees kan byvoorbeeld besluit om 50 persent uit te betaal , maar die ander 50 te belê vir hul kinders se opvoeding , of om ʼn kerk te bou en dies meer .
“ Dit is soms ʼn moeilike proses vir van die werkers om te verstaan omdat sommige die geld bo die maatskaplike voordele verkies . Maar ek glo soos die projek groei , sal daardie mense agterkom hier is vir hulle ʼn bate wat baie potensiaal inhou .”
Bemagtiging is een ding – baie van die komponente kan beheer word – maar produksie is ʼn voël van anderse vere . Soos voorheen genoem , is sitrusproduksie blootgestel aan vele veranderlikes . Een van hulle is wind . En wind kan uiteraard nie beheer word nie . Ry tussen Ikamva Lethu se sitrusboorde oor die berge en dale en jy is terdeë daarvan bewus .
Is nette , tesame met al hul uitdagings , die antwoord ? Teen R260K en R300K per hektaar ? Trek maar weer die sakrekenaar nader . Wat van windbreke ? Rudi : “ Nee , ons gaan glad nie windbreke plant nie . As gevolg van die Eskom-hooflyne en waterpype wat hier loop , is dit nie vir ons ʼn
Heel bo : Hierdie ongebraakte grond is ontbos en die boorde word voorberei – fase ná fase . Bo : Nadat die omgewingsimpakstudies afgehandel is en waterregte bekom is , word die infrastruktuur ontwikkel .
30 MARKtoe ! Oktober 2023