MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 27

LANDBOU

hulle om dus om en by 40 te oes . Die eerste inkomste word so ʼn werklikheid .

Alles goed en wel . Maar in baie ander gebiede dra die woord ‘ bemagtigingsplaas ’ ʼn stigma . Neem Zebediela Citrus Estate as voorbeeld . Gedurende April van dese jaar het dit die onderspit gedelf weens wanbestuur , diefstal en dies meer . Daar is vele soortgelyke gevalle dwarsoor die land . Indien bemagtiging só ʼn mynveld is , hoekom die troebel water betree ?

“ Omdat SRCC glo dit is die regte ding om te doen . Ja , daar is baie negatiewe dinge wat oor bemagtiging gesê kan word . In ons geval is daar egter 17 boere en hulle werkers betrokke . ʼn Wyle gelede het The National Development Plan verskyn en daarin word aanbeveel dat boere 20 persent van hulle grond op ʼn 50 / 50 basis moet bemagtig . Met ander woorde , indien ʼn boer 100 hektaar het , moet hy 20 aan bemagtiging afstaan waarvan die werkers dan 10 besit en die boer die ander 10 . En die boer moet hulle dan help en ondersteun vir hul gemeenskaplike belang .”

“ Die ander goeie ding is dat hierdie opgeleide mense die kennis en bereidwilligheid aan hul families en ander werkers oordra . Daar is dus ʼn geweldige positiewe snowball-effek .”

Dit is die plan wat SRCC toe volg . Daar is egter ʼn verskil : in plaas daarvan dat betrokke boere hul eie grond beskikbaar maak , is voorgestel dat voornemende boere by

Sundays River Citrus Company is by wyse van Ikamwa Lethu en verskeie ander bemagtigingsprojekte besig om die skandvlek van bemagtiging te verwyder .
27 MARKtoe ! Oktober 2023