MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 26

LANDBOU
Rudi le Roux , Dawid Witbooi en Frikkie Olivier is deel van hierdie inspirerende projek .

Fase 1 bestaan uit 186 hektaar suurlemoene wat reeds geplant is . Fase 2 is nog 50 hektaar suurlemoene en 50 hektaar Midnight ( ʼn tipe Valencia ). Vervolgens sal Fase 3 uit 100 hektaar Valencias bestaan . Fase 4 is reeds skoongemaak en daar word beoog om hierdie boorde binnekort te plant .

“ Volgende jaar , in Februarie , sal ons Fase 5 voorberei en die jaar daarop begin plant . 2022 was vir sitrusboere ʼn baie uitdagende jaar en daar was nie veel geld te maak nie . Maar ons kry nou ons eendjies in ʼn ry en ons voorsien om die hele plaas teen 2025 geplant te hê .”

Op die oomblik word Fase 1 se oes voorberei om gedurende 2024 afgehaal te word . Alhoewel die boorde nog nie in volle produksie is nie , glo Frikkie en Rudi daar sal ongeveer 40 persent geoes kan word . Ter verduideliking : sitrusbome neem tot agt jaar om volle produksie te bereik . Waar daar gewoonlik om en by 100 ton per hektaar afgehaal word , voorsien

00 MARKtoe ! Oktober 2023