IKAMVA LETHU
LANDBOU
IKAMVA LETHU
Ikamva Lethu ( die isiXhosa naam word vertaal as Ons Toekoms ) is ʼn indrukwekkende plaas , om die minste te sê . Sitrusboorde golwend oor berge en deur dale . En nog een van die Sundays River Citrus Company ( SRCC ) se vele bemagtigingsprojekte .
Frikkie Olivier is SRCC se Primary Production : Operations Manager en , tesame met Rudi le Roux , die plaas se Senior Production Manager , verantwoordelik vir die uitvoering van bedrywighede met betrekking tot hierdie inspirerende projek .
Gedurende 2015 besluit SRCC om hul betrokkenheid in bemagtigingsprojekte verder uit te brei en hulle koop Ikamva Lethu , ʼn alleenstaande entiteit . Daarna volg tydrowende omgewingsimpakstudies , wateraansoeke en dan natuurlik die voorbereiding van die grond . Die eerste aanplanting , Fase 1 , geskied in 2020 en bestaan uit suurlemoene .
“ Die hele projek sal uiteindelik uit 586 aangeplante hektaar bestaan . As jy onthou dat ʼn kommersiële sitrusplaas hier by 60 hektaar is , dan is Ikamva Lethu baie groot .”
Ikamwa Lethu ( Ons Toekoms ) is ʼn bemagtingsplaas wat uiteindelik 586 aangeplante hektaar sal beslaan .
25 MARKtoe ! Oktober 2023