LANDBOU
Bo : Van Ikamwa Lethu se trotse begunstigdes . Links staan Mzwamadoda Pongwana , links sit Siyabulela Nelani , middel is Dawid Witbooi en regs is Simlindile Bayitana . Regs : In plaas daarvan dat boere hul eie grond beskikbaar stel vir bemagtiging , is voorgestel dat voornemende boere by Ikamva Lethu inkoop om hierdie vrugte ʼn werklikheid te maak .
Ikamva Lethu inkoop . Indien ʼn produsent 100 hektaar besit , kan hy 20 op die bemagtigingsplaas koop . Indien hy egter byvoorbeeld 25 wou koop , is dit moontlik teen ʼn aangepaste prys . Op dese wyse word ál die plaaslike produsente genader . Sewentien stem in . Die produsente voorsien vervolgens die kapitaal en die bemagtigingsarm moet die waterregte kry .
SRCC nader die Departement van Waterwese en doen aansoek om water op die plaas te kry .
“ Hulle sê oukei , dit is vir bemagtiging , en dit is hoe die plaas die water gekry het .”
Die produsente en hul werkers is dus saam in ʼn trust waarin die werkers aandeelhouers is .
“ Solank hy by die produsent werk . Indien die werker byvoorbeeld ná ʼn jaar die produsent se diens verlaat , verloor hy sy status as begunstigde van die projek .”
Die grootste nadeel vir werkers , as begunstigdes , is die werklikheid dat sitrusverbouing ʼn langtermynprojek is .
“ Daarom glo ek nie Ikamva Lethu sal in die nabye toekoms dividende verklaar nie . Daarenteen gee dit vir werkers die gerusstelling dat hulle in die bedryf is en weet wat daarin aangaan . Boonop is daar ʼn neseier in die toekoms , sodra die plaas in staat is om dividende te verklaar . Onthou , die plaas word op
28 MARKtoe ! Oktober 2023