MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 22

LANDBOU

vleispryse werd . Lewensbeskrywers is van mening Kirkwood is aan ʼn gebroke hart oorlede . Hoe dit ook al sy . “ Selfs onder 2022 se omstandighede het ons uitstekend gedoen en steeds een miljoen kartonne verpak .”

Soos die pakhuis tans daaruit sien , is die projek in Fase Een . En CJ het baie planne om ekstra volume te kan hanteer .

“ Maar vir die oomblik gaan ons eers aan soos wat ons is .”

Die logiese vraag wat in die leek se kop opkom , want suksesvolle sitrusboere is nie noodwendig bekwame pakhuis-ontwerpers nie , is : Hoe ontwerp jy ʼn pakstoor ?

“ Die eerste bepalende faktor , was die stuk grond wat ons beskikbaar

Hier word potgrond vir Nellis se kwekery gemeng . Die area is beveilig om kontaminasie te voorkom .

gehad het . Hierdie lang , smal stuk grond waar daar voorheen sitrusbome gestaan het .” ʼn Verteenwoordiger van die masjienboufirma wat die toerusting voorsien , besoek die plaas , bestudeer die landkaarte en

00 MARKtoe ! Oktober 2023