LANDBOU
Bo : Jeanne Smith is die Compac Sizer-operateur en hou die oog oor gesofistikeerde toerusting wat bepaal watter vrugte gaan waarheen . Links : Die aanvraag na Klas Een vrugte neem eksponensieel toe en dus daal die aanvraag na Klasse Twee en Drie . Alhoewel versapping plaasvind , is daardie mark beperk .
Daar was egter ander faktore wat bygedra het tot die somme wat nie klop nie . Die pakhuis is in 2021 voltooi en het gedurende 2022 in werking gekom – een van die swakste jare in die heugenis van die Sondagsriviervallei se sitrusbedryf . Soos voorheen genoem , as gevolg van arbeidstakings en logistieke probleme .
Terloops , die Sondagsrivier word in 1775 geproklameer as die Kaapkolonie se oostelike grens en die eerste plase word in 1814 toegeken . James Somers Kirkwood , na wie Kirkwood vernoem is , was ʼn suksesvolle afslaer wat die omgewing in 1877 besoek het . Hy het toe reeds besef dat hierdie omgewing uiters geskik vir georganiseerde besproeiing is . Begeesterd koop hy uit eie sak 74 000 hektaar met die oog op die vestiging van die Sundays River Land and Irrigation Company waarvan aandele verkoop sou word . Gedurende daardie era was die mensdom egter deur die volstruisbedryf verlei en het hulle met hul koppe spreekwoordelik in die sand gebly . James Kirkwood se droom taan en nie baie lank daarna nie , toe die mense hul koppe uit die sand pluk , is die pluimsterte bloot
21 MARKtoe ! Oktober 2023