MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 20

LANDBOU

produsente se vrugte . Maar CJ se visie vir die besigheid sluit beslis meer buiteprodusente se vrugte in . “ Indien jy na die kwekerye se verkope kyk , besef jy vinnig hoeveel nuwe aanplantings gedoen word . En dan , as jy kyk na die kapasiteit van die bestaande pakstore , besef jy óók vinnig dat daar binnekort beslis ʼn massiewe tekort sal wees .”

Natuurlik sal enigiemand met ‘ n besigheidbrein wat ʼn gaping in die mark sien , met die vaardigheid van Kurt-Lee Arendse daardeur wou glip . Maar , soos met horisontale uitbreiding , staan daar ook ʼn Eben Etzebeth in vertikale uitbreiding se pad . Kapitaal .

VERSATILE SOLUTIONS FOR

“ Ek moet sê , ek het ʼn baie rustige pa en ons boer baie goed saam . Een ding het ek egter baie vinnig geleer , en dit is as Pa praat , moet ek mooi luister . En hy is in my opinie , en in baie ander mense se opinies , een van die top kwekers in die land .”

“ Die projek is aangepak sonder finansiële insette van ʼn derde party . Ons het op ons eie na die bank toe gegaan , die lening gemaak en die som het geklop . Maar kort nadat ons die lening gemaak het , skiet die prys van staal en boumateriaal ongelooflik op . Indien ons die besluit ses maande later geneem het , sou die somme nie meer geklop het nie .”

20 MARKtoe ! Oktober 2023
Precision Tools Original Ruwag Quality Guaranteed
tel : 0861RUWAGT , email : sales @ ruwag . co . za , www . ruwag . co . za