LANDBOU
Die pakhuis kom in 2022 – die swakste jaar in Kirkwood se heugenis – in werking . Hulle pak desnieteenstaande meer as ʼn miljoen kissies . Vandag gaan dit natuurlik ligjare beter .
2014 . Dit doen hy toe saam met sy pa en ma , Nellis en Marina .
“ Ek moet sê , ek het ʼn baie rustige pa en ons boer baie goed saam . Een ding het ek egter baie vinnig geleer , en dit is as Pa praat , moet ek mooi luister . Ek het oor die afgelope vier jaar die produksiekant van die boerdery oorgeneem en my pa die kwekery . En hy is in my opinie , en in baie ander mense se opinies , een van die top kwekers in die land .” Terwyl Nellis as kweker die hoogtes inskiet , besluit CJ hy bly beslis nie agter nie . Daarom begin hy ʼn paar jaar gelede om die besigheid te skaal . Aanvanklik soek hy ander plase om te aan te koop . Maar hy besef toe dat hulle oor ʼn stuk grond op Mimosa beskik en besluit toe om liewer vertikaal uit te brei . Hy gaan ʼn ooreenkoms met Zest Fruit ( ʼn globale vrugtebemarker en -uitvoerder ) aan en in 2021 word die hoeksteen van die Mimosa Packhouse gelê .
Van die eerste jaar pak Mimosa Packhouse Meiring Citrus en ander
00 MARKtoe ! Oktober 2023