LANDBOU
Links : Indien ‘ n mens na die kwekerye se verkope kyk , is dit duidelik hoeveel nuwe bome jaarliks aangeplant word . Hierdie nuwe aanplantings is Mimosa Packhouse se kos . Regs : Met ʼn bykans versadigde mark , dring die buiteland deesdae aan op strenger maatreëls waar dit kom by verpakking .
neem eksponensieel toe . Daarmee val Klas Twee en Drie vrugte van die wa af . Omdat daar nie meer ruimte vir hulle is nie .
“ Ons sukkel verskriklik daarmee , aangesien die persentasie waste baie opgetel het .”
Die uitskot word natuurlik deur fabrieke in die Sondagsriviervallei versap . Daardie fasiliteite is egter tot sekere volumes beperk . Soos die uitskotvrugte meer word en die verpakking strenger , word die fabrieke versadig . En daar is ʼn beperkte mark vir sap .
“ ʼn Interessante avenue om nou te volg , is veevoer , maar dit is nog in
sy kinderskoene . Op die oomblik kap boere vrugte op en voer dit in die rou vorm vir die diere . Die enigste nadeel , is dat die vrugte baie vinnig vrot en indien die vee dit só vreet , is dit nadelig vir hulle gesondheid .”
CJ wil nie erken of hy beplan om ʼn veevoeraanleg aan hierdie reeds indrukwekkende gebou te heg nie . Hy reken egter hy kyk na alles , en wie weet , dalk wink so ʼn fasiliteit vir hom oor die horison .
Nietemin , ná skool studeer hy op Elsenburg en , soos enige gebalanseerde jong man betaam , kom hy nié die eerste jaar deur nie . Hy begin sy loopbaan as boer in
00 MARKtoe ! Oktober 2023