LANDBOU
Die personeel eweneens .
CJ is die vierde geslag Meiring op die plaas . Op die oog af te jonk vir al hierdie verantwoordelikhede , maar egter in daardie lewensfase waarin jy weet wie en wat jy is en jou toekoms is reeds gekarteer .
“ Om goeie besigheid te kan doen , moet jy fiks en gesond wees ,” reken hy .
Voordat daar in hierdie omgewing met sitrus geboer is , is daar voorheen geheel en al ander gewasse verbou .
CJ : “ Op my ma-hulle se plaas is daar vandag nog amandels , pekanneute , groenvye en moerbeie , twee soorte koejawels en dan natuurlik die sitrusbome ook . Daar was tot varke – iets van alles . Toe mense egter die waarde van sitrus
agtergekom het , is daar op groot skaal oorgeskakel .”
Alhoewel hierdie omgewing nie die beste vir alle tipes sitrus is nie , aard alle soorte redelik goed hier .
“ En ons word gereken as die beste omgewing vir suurlemoene ter wêreld . Goeie gehalte en baie hoë tonnemaat .”
Die logiese vraag is hoekom daar só ʼn groot aanvraag na suurlemoene wêreldwyd is ?
“ Daar wás , of liewer daar is steeds , maar toe gaan Suid-Afrika en plant enorme hoeveelhede aan . Dus is daardie mark op die oomblik gevul . Ek dink met die groter groei van produksie dwarsoor die wêreld is daar nou ʼn neiging tot strenger verpakking .”
Die behoefte na Klas Een vrugte
Mimosa Packhouse is reeds ʼn indrukwekkende fasiliteit , maar vele fases word in die toekoms beoog .
17 MARKtoe ! Oktober 2023