MARKtoe! OKTOBER 2023 Uitgawe 109 | Page 16

MEIRING CITRUS
LANDBOU
16 MARKtoe ! Oktober 2023

MEIRING CITRUS

Waar Adrian Walton ons deur die sitrusproduksie lei , vertel CJ Meiring van Meiring Citrus ons van ʼn pakstoor se geite . Dit is natuurlik nie te sê dat CJ die pakstoor uitsluitlik bedryf nie . Die besigheid bestaan uit Meiring Citrus op die produksieplaas Mimosa ( tesame met vyf ander plase ), Apapanzi Nursery en Mimosa Packhouse .

Kom by die pakstoor aan en jy sal verskoon word indien jy dink jy is by die verkeerde adres . ʼn Enorme en hoogs moderne gebou met elegante dakke en duursame houtafwerking begroet jou . Grasperke en roosbeddings word ontwikkel . Die ontvangslokaal is überkorporatief .

Bo : Meiring Citrus is ʼn sterk familie-georiënteerde besigheid waarin CJ se wederhelf , Tilana ( heel links ), gedurende die pakseisoen verantwoordelik is vir die pakhuis se plaaslike verkope en Marina ( tweede van regs ) sien om na die besigheid se bestuur en finansies op kantoorvlak . Sy staan hier langs haar man , Nellis , die kweekkoning . Onder : CJ Meiring is verantwoordelik vir Meiring Citrus se produksie en die Mimosa Packhouse . Hy is die vierde generasie Meiring op die plaas .