LANDBOU
kaggelhout opgesaag of versnipper vir gebruik om die grond te bedek .” Welbedacht is merendeels ‘ n gasteplaas , met verskeie selfsorgeenhede waar gaste kan tuisgaan . Dit is aan die begin van Februarie 2022 deur Pierre Cronje aangekoop met die doel om dit op te gradeer en weer aan besoekers beskikbaar te stel . Die doelwit is om ‘ n plek te skep waar mense rus en vrede vir hulle siel kan kry .
“ Ek is oorspronklik van Pretoria af en het as kontrakteur vir Pierre gewerk . Hy het toe iemand gesoek om hierdie projek op ‘ n voltydse basis vir hom te bestuur en ek het toe hierheen gekom . Ons gaan kuier nog gereeld in Pretoria , maar vandat ek hier bly , veral as ek so om my kyk , is daar nie veel redes hoekom ek moet teruggaan nie . Dis ‘ n heel ander lewenstyl ,” skerts Ruan .
Die plaas is ongeveer 150 ha groot . Daar is ‘ n groot huis vir 18 gaste en 6 kothuise . Die huise het name soos Blue Butterfly vir die groot huis , Orchard , Gum Tree , Eagle , Stone Cottage , Pine Cottage en Tortoise Cottage wat jou laat besef dat jy sommer lekker gaan kuier .
Daar is twee solderkamers ( loft rooms ), elkeen met vier enkelbeddens , of met een koninggrootte bed en ‘ n en suite-badkamer . Die hoofgebou het ook vyf tuinkamers ,
Die Welbedacht-natuurreservaat word in samewerking met Cape Nature bestuur en bied ‘ n ideale wegkomkans van die stadsgewoel .
7 MARKtoe ! November 2023