MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 8

LANDBOU

elk met twee enkelbeddens , of ‘ n koninggrootte bed en ʼn en suitebadkamer . Daar is ook bykomende akkommodasie in drie kothuise , elk met twee enkelbeddens en ʼn en suite-badkamer . Die groot gebou deel ook ‘ n sitkamer en gesamentlike kombuis , terwyl daar ‘ n buitebraaiplek en swembad in die privaat tuin is .

Die huisies is knus ontwerp en ver uitmekaar om privaatheid te verseker . Die omringende plantegroei is gesond en lyk soos ‘ n ware feetjietuin .

“ Cape Nature help ons met die bestuur van die wildreservaat , veral met die uitroei van indringerplante , en die voorbereiding van brandstroke in die droë somermaande en

natuurlik die bestuur van ons wild . Hier is ’ n hele klompie swartwildebeeste , springbokke , bontebokke en sebras .”

Die omgewing het ‘ n baie ryk voëllewe , hoofsaaklik danksy die fynbos wat ongeskonde tussen die huisies en aan die grense van die plaas gelaat is . Voëlkykers kan hul verlustig in die tientalle spesies wat hier te siene is . Die hoë bome wat oral op die terrein behoue gelaat is , bied ook natuurlike skuiling terwyl die naasliggende savanna-vleiland baie kos vir van die voëls bied . Roofvoëls is ook volop .

As deel van die natuurbewaringsgebied , bied Welbedacht se plantlewe ‘ n hoë konsentrasie rooidataspesies , wat krities bedreig word .

Die veeldoelige funksielokaal word tans voltooi en sal as dit klaar is plek vir ongeveer 250 mense bied .
8 MARKtoe ! November 2023