MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 6

LANDBOU

“ Die afronding binne die gebou gaan iets besonders wees – met kolossale poele en lopende water wat ‘ n fokuspunt aan die een kant van die saal gaan wees . Die badkamers is reeds byna voltooi en ‘ n volledig toegeruste kombuis sal deel van die ontwikkeling uitmaak . Groot glasmure gaan rondom aangebring word sodat gaste die asemrowende uitsig op die berge en omgewing kan geniet as hulle hier binne is .“

Van die multifunksionele onthaalsaal stap ‘ n mens op ‘ n kronkelende houtpaadjie deur die bloekombos na die seremoniearea . Die houtkateder en houtbankies is as ’ t ware deel van die natuur . En die massiewe houtdeure by die ingang na hierdie opeluggebied is iets besonders om te aanskou – doelgemaak uit swaar dwarslêerbalke om met die die natuurlike voorkoms van die omgewing saam te smelt . Die onthaallokaal en aangrensende seremonie-area is in ‘ n groot , skaduryke bloekombos geleë en ‘ n mens voel sommer die rustigheid wat die venue omring .

“ By ons kothuise is daar nog so ‘ n boom , een van die grootstes in die land , en dis ook so opgeteken in ‘ n boek oor Suid-Afrika se grootste bome . Die boom het ‘ n omtrek van by die 11 m ,” vertel Ruan .

“ Die paar bome wat soms omval of uitgehaal moet word , word of vir

Bontebokke wei rustig naby die huisies op die Welbedacht-wildreservaat net buite Tulbagh .
6 MARKtoe ! November 2023