MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 5

WELBEDACHT-NATUURRESERVAAT
LANDBOU

WELBEDACHT-NATUURRESERVAAT

Die Tulbagh-vallei se natuurskoon is legendaries – omring deur die Witzen- en Obikwaberge , maak dit ‘ n gewilde toeristebestemming . As jy op die rand van hierdie vallei staan , kan jy jou indink dat dit eens op ’ n tyd dalk ‘ n groot krater was .

Teen die westelike rand van die vallei is Pierre Cronje se Welbedacht wild- en natuurreservaat wat tans deur Ruan Huyser bestuur word .

Die plaas was voorheen ‘ n tipe toevlugsoord waar joga-liefhebbers onder andere in die rustigheid van die natuur kom ontspan het . Dit was egter hoog tyd om al die geriewe op te gradeer en daarom het Pierre in 2022 ‘ n ontwikkelingsprogram begin .

“ Ons gaan nie die hele plaas in ‘ n kommersiële entiteit ontwikkel nie want ons wil graag die rustigheid en ongereptheid van die omgewing bly bewaar . Ons is besig om die geriewe wat hier was , op te knap en te verbeter en ‘ n paar fasiliteite by te voeg ,” vertel Ruan in die oop kantoor wat eens ‘ n ou skuur was .

Kontrakteurs is buite doenig met bouwerk . Langs die huidige kantoor word ‘ n groot onthaallokaal , wat sowat 250 mense sal kan akkommodeer , onder die reusagtige bloekombome afgerond . Ruan verduidelik dat die lokaal vir troues , konferensies en ander sosiale funksies gebruik sal kan word en dat baie moeite gedoen is met die ontwerp en uitleg daarvan .

Ruan Huyser bestuur die Welbedacht-wildreservaat : “ Daar is geen rede hoekom ‘ n mens moet teruggaan Pretoria toe as jy eers hier was nie .“
5 MARKtoe ! November 2023