MARKtoe! NOVEMBER 2023 Uitgawe 110 | Page 4

LANDBOU

Tulbagh-vallei – ‘ n ware vrugte-goudmyn

Deur : Danie Keet | Foto ’ s : Jana Neethling & Robynne Lewis

Die Tulbagh-vallei is dalk minder bekend as die bekende Kouebokkevelden Ceres-vrugtestreek , maar hier pols ‘ n hartklop van toegewyde vrugteprodusente , vrugteverwerkers en wynmakers wat vir niemand hoef terug te staan nie . Boonop is die gasvryheidsaanbod van wêreldgehalte . Daar is deurgaans ‘ n diepe besef van die belangrikheid van die natuur en die mens se afhanklikheid daarvan . ‘ n Reis deur hierdie vrugbare en mooi vallei bring ‘ n mens net weer tot die besef hoe na aan die natuur sy inwoners leef en met watter omsigtigheid hulle dit wat aan hulle gegee word , bestuur en benut .

4 MARKtoe ! November 2023